Deel

Kom skater van pure pret met SA se ‘Big 5’

akkreditasie
joey rasdien   FOTO VERSKAF
joey rasdien FOTO VERSKAF

OMDAT julle so gretig was vir die show, is die Big 5 comedy Show weer terug.

Die demand vir die show was so groot toe dit die eerste keer by die Artscape was, dat dit weer vir een aand op die planke gaan wees.

Vyf van Suid-Afrika se snaaksste komediante – Stuart Taylor, Joey Rasdien, Barry Hilton, Kagiso Lediga en Loyiso Gola – sal op die verhoog wees met DJ Ready D as hul back-up.

Die gehoor kan hulle maar reg maak vir ’n lekker-goedvoel-snaakse aand uit.

Die Big 5 Comedy Show is op 4 Maart by die Grand Arena by die GrandWest Casino. Die show begin 20:00.

Kaartjies kos tussen R170 en R300 per persoon en is by Computicket of enige Shop­rite/Check­ers-winkel beskikbaar.

Die ouderdomsbeperking is PG16.