Deel

Dis ’n battle wat jou sal laat lag

akkreditasie
joey ­rasdien  FOTO VERSKAF
joey ­rasdien FOTO VERSKAF

DIS die komediante se beurt om dit die week uit te battle in Lip Sync Battle Africa.

In die vyfde week van die gewilde kompetisie gaan die stand-up heavyweights Joey Rasdien en Loyiso Gola teen mekaar te staan kom.

Die twee span hul ­komiese vernuf en indrukwekkende ­verhoogpersoonlikheid ten volle in.

Hulle blend besondere lip ­synching skills met one-liners, skreeusnaakse disses en ongelooflike dansvernuf in om die studio-gehoor te beïndruk.

Joey en Loyiso is op Lip Synch Battle Africa hierdie Donderdag om 20:50 op MTV (DStv-kanaal 130).

Die episode word ook Saterdag 18:05 op e.tv uitgesaai.