AFGRI
BEAN
07 Me
-
8248
0,00
CORN
07 Me
-
3346
0,00
SOYA
07 Me
-
8792
0,00
SUNS
07 Me
-
8806
0,00
WEAT
07 Me
-
6254
0,00
WMAZ
07 Me
-
5150
0,00
YMAZ
07 Me
-
4147
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Apr
-
154,06
0,00
Ave Wool - RWS
26 Apr
-
171,85
0,00
Beeste A2/3
26 Apr
-
54,73
-0,19
Beeste AB2/3
26 Apr
-
51,51
-1,39
Beeste B2/3
26 Apr
-
43,55
-1,31
Beeste C2/3
26 Apr
-
43,03
0,18
Bevrore Hoender
26 Apr
-
35,25
0,57
Bokkies (onder 30 kg)
26 Apr
-
49,36
-0,07
Bokooie
26 Apr
-
44,55
1,09
Feeder Lamb (Dual Purpose)
26 Apr
-
37,65
-1,32
Groot (meer as 40 kg)
26 Apr
-
48,74
0,38
Hoender (IQF)
26 Apr
-
31,62
0,57
Medium (30-40kg)
26 Apr
-
46,21
1,84
Mohair
16 Apr
-
401,17
0,00
Pork Average
26 Apr
-
31,31
0,75
Poultry Average
26 Apr
-
34,06
0,49
Sheep A2/3
26 Apr
-
82,98
0,98
Sheep AB2/3
26 Apr
-
75,47
10,59
Sheep B2/3
26 Apr
-
55,1
0,87
Sheep C2/3
26 Apr
-
55,51
0,86
Spekvarke
26 Apr
-
30,42
0,09
Varkwors
26 Apr
-
23,78
0,00
Vars Hoender
26 Apr
-
35,32
0,34
Vleisvarke
26 Apr
-
30,86
0,08
Weaners (200-250kg)
26 Apr
-
32,23
0,08
Deel

Namakwaland ‘kraak’ van die droogte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die voortslepende droogte in die Namakwaland duur al vir byna agt jaar aan. Foto: Verskaf
Die voortslepende droogte in die Namakwaland duur al vir byna agt jaar aan. Foto: Verskaf
Dit was nog nóóít so droog in die Namakwaland nie.

In 1920, toe mnr. Hannes du Toit se oupa hul familieplaas, sowat 12 km buite Garies, gekoop het, het reën vol genade vir dae aaneen in die veld geval en deur die grond gesyfer; die blommeprag kort op sy hakke. 

Maar dié tipe stories het Hannes nog net van gehoor. 

Dit is 102 jaar later en gedurende die afgelope winterreënseisoen het Hannes slegs 92 mm op dieselfde stuk grond gemeet.

In ’n gawe jaar sal hy tot 200 mm reënval kry, vertel hy.

In die 23 jaar wat Hannes boer op die grond waarop sy oupa en sy pa ook geboer het, het hy en sy gesin nog nooit so min reën sien val nie. 

Ja, soms sal wolke op die horison opsteek en soms sal die wind belowend waai, maar die Namakwaland bly dor en grond kraak soos legkaartstukke wanneer jy daaroor loop. 

Du Toit, wat met Dorpers boer, het in 2013 laas “goeie reën” – tussen 180 mm en 200 mm – gehad. 

“Die droogte is langdurig, aanhoudend. Ek moet al my voer self koop. Stadig maar seker moet jy planne begin maak. Jy begin elke sent omdraai en sny so ver moontlik. 

“Dit is swaar . . .”

Sowat 30 km buite Garies lê mnr. Jasper Nieuwoudt se plaas. Hy het nóg minder reën gesien – minder as 40 mm.

 “My ma het 96 jaar oud geword in Oktober vanjaar. Sy sê sy het nog nooit die Garies-omgewing so gesien nie. Vanjaar is regtig ’n skok. Die boere kry eerlikwaar swaar. Dit is die agtste jaar van die droogte; dit is té lank.”

Nieuwoudt, wat met Dorpers en Boerbokke boer, hou sy lammers terug om geld te bespaar.

“Dit is ’n oorlewingstryd.”

Bietjie hoop op pad

Sedert 2018 het die South African Water Warriors al uitgereik na die gemeenskappe van Oudtshoorn, Prins Albert, Patensie, Loeriesfontein en Springbok.

Nou is dit Garies se beurt, vertel mnr. Deon Smit van die organisasie. 

garies,droogte,namakwaland,skenkings
Tydens 'n vorige uitreik na droogtegeteisterde gebeide. Lorries en bakkies ry bale lusern aan vir boere. Foto: Verskaf
garies,droogte,namakwaland,skenkings
Tydens 'n vorige uitreik na droogtegeteisterde gebeide. Lorries en bakkies ry bale lusern aan vir boere. Foto: Verskaf

Eerskomende Saterdag gaan meer as 35 mense met 14 bakkies vol kos vanuit Kaapstad ry. Twee vragmotors wat bale lusern vervoer, sal vanuit Vredendal ry. Nog ’n vragmotor sal vanuit Vanrhynsdorp ry om 50 000 liter water na Garies te bring. 

Dit sal beslis nie die probleem vir boere oplos nie, sê Smit, maar hy hoop dit sal vir boere, plaaswerkers en hul families bietjie asem gee – drie weke voor Kersdag.

Die South African Water Warriors gaan vir meer as 160 gesinne kospakke gee en bederfboksies vir die vroue, want “dit is die vroue wat sterk probeer staan wanneer die boer moedeloos by die huis kom”.

Skenkings van kos, lusern en water is van oor die hele Suid-Afrika gekry en vrywilligers ry op hul eie koste na Garies om dit uit te deel.

Hy het al die erge swaarkry onder die boeregemeenskap gesien, vertel Deon.

garies,droogte,namakwaland,skenkings
Bokse vol wol is op pad na Garies danksy skenkings van lede in die publiek. Foto Verskaf
garies,droogte,namakwaland,skenkings
South African Water Warriors het skenkings van Deli-Co slaghuis in Riebeeck-Kasteel ontvang met onder meer vleispakkies. Foto: Verskaf
garies,droogte,namakwaland,skenkingsBok
Koffie wat Pick n Pay geskenk het aan Garies. Foto: Verskaf

“Wat jy in die koerante lees van die droogte en wat jy daar sien, is twee verskillende stories. Jy kan nie die mense se eintlike stryd in woorde omsit nie.”

Hy het al gesien hoe ’n vrou ’n blikkie boeliebeef in twee verdeel om dit oor twee dae te eet. Hy het al gesien hoe boere emosioneel raak wanneer hulle bokse kos huis toe kan neem.

“Dit breek jou hart om dit te sien, daarom sal ons almal probeer help wat ons kan.

“Al is dit net vir een maaltyd. . . ”

  •  Indien jy ’n skenking aan die South African Water Warriors vir boeregemeenskappe in die Namakwaland wil maak, bel Smit by 082 738 2702.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Stem
Landbou.com beplan ’n reeks oor besproeiing. Oor watter onderwerp(e) sal jy meer wil lees?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Energieverbruik en besparing (sonkrag, automatisering en ander planne)
34% - 27 stemme
Laevolumebesproeiing (drip- en mikrobesproeiing)
20% - 16 stemme
Filtrasie-oplossings
8% - 6 stemme
Kapitaal en finansies: Hoe laat ek somme klop?
18% - 14 stemme
Diefstalbekamping
11% - 9 stemme
Spuitpakkette, watertoediening en druppelverspreiding in spilpuntbesproeiing
6% - 5 stemme
Ander idees? Los enige tyd kommentaar
3% - 2 stemme
Stem
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.51
-0.2%
Rand - Pond
23.24
-0.1%
Rand - Euro
19.93
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.23
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Platinum
964.39
-0.2%
Palladium
984.49
+0.1%
Goud
0.00
0.0%
Silwer
0.00
0.0%
Brent-ruolie
83.33
+0.4%
Top-40
70,652
0.0%
Alle aandele
76,776
0.0%
Hulpbronne 10
61,399
0.0%
Industriële 25
107,110
0.0%
Finansiële 15
16,589
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewe en laat leef
Wat se mens van jouself. God is eerste in my lewe. Dankbaar en positief. Ek is baie geseend met alles in my lewe. Waardeer die klein goed in die lewe
Kom ons maak dit werk!
Jonk van gees en energie, lief vi die lewe en mense! Kuier en braai graag. Roadtrips, barefoot, bicycle, bike, boing or boat as long as you're with...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot