Lam-tagine met tamatie en botterskorsie

Tuis
Recipe Disclaimer
Tap for ingredients
Tap for ingredients

Method:

1 Giet die tee oor die perskes en hou eenkant. Vryf die vleis in met die speserye en olie (dra handskoene; die borrie vlek). As jy tyd het, laat die vleis vir ’n uur marineer.

2 Voorverhit die oond. Verhit ’n oondvaste kastrol en braai die lamsvleis goed bruin. Voeg ’n ekstra skeut olie by indien nodig.

3 Roer die uie by en braai dit ’n paar minute saam met die vleis. Voeg die knoffel, tamatiepasta, aftreksel en perskes en die tee by die vleis en roer deur.

4 Sny ’n kruisie op elk van die tamaties en trek die skille af. Voeg dit by die vleis in die pot, sit die deksel op en bak vir 1½ uur.

5 Haal die pot uit die oond en haal die deksel af. Druk die tamaties effens stukkend met ’n vurk en bedruip die vleis met die sous. Pak die pampoenblokkies bo-op, drup die heuning oor en geur na smaak met sout en peper. Verhoog die oondtemperatuur na 180°C en bak oop vir nog 45 minute tot ’n uur, of totdat die pampoen gaar en sag is.

6 Sit voor met gestoomde koeskoes gemeng met geroosterde amandels, gerasperde suurlemoenskil en mentblaartjies. Die neutemaak dit ’n treffer!

Algemene vrieswenke

Heelparty groentes en vrugte kan rou en sonder moeite bevries word – onder meer veelsydige tamatie, pampoen, bessies en steenvrugte. 

Só maak jy:

• Vries die groente in porsiegroottes wat by jou gesin se eetgewoontes pas en skryf die rou gewig saam met die datum op die pakkie voor dit vrieskas toe gaan. Só maak jy seker jy gebruik die oudste pakkies eerste.

• Vries liefs in bakkies pleks van plastieksakkies wat ná een keer se gebruik vullishoop toe gaan.

• Vrugte soos appel, piesang en steenvrugte kan bruin verkleur indien dit te lank aan lig blootgestel word terwyl jy dit ontpit en sny. Besprinkel met suurlemoensap en werk vinnig!



New recipes on Food24

Next Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Food24 Team Loves

Newsletter

Get weekly access to our best recipes, tips and tricks

Sign Up

Login to your account below

Fill the forms below to register

Subscribe to Newsletter

Retrieve your password

Please enter your username or email address to reset your password.

Recipe Disclaimer

All recipe content is the responsibility of the party from whom such content originated. You agree that you use the content on Food24 at your own risk. Please read our editorial policy.